Mampie wou nie by DA aansluit nie

Deel op
Mampie bly by haar party
Mampie bly by haar party

Dr. Mamphela Aletta Ramphele het Maandag gesê die samewerking tussen die Demokratiese Alliansie (DA) en Agang SA het weens partypolitiek gesneuwel.

Sy het ook gesê die ineenstorting van die koalisie tussen die twee partye is hul albei se fout.

Ramphele kan volgens die DA se grondwet nie staan as die presidensiële kandidaat tensy sy ‘n DA-lid word nie.

“As ek ‘n DA-lid moet word om my droom en visie te bewaarheid, dan kan ek nie die DA se aanbod aanvaar nie,” het Mampie Rampie gesê.

“Sommige mense sal net nie na partypolitiek kan oorskuif nie,” het sy bygevoeg. “Mense is vasgevang in rassepolitiek.

“Ek het geleer om te luister na my lede. En daar is miljoene Suid-Afrikaners wat nie vir die DA sal stem nie,” het sy gesê.

Agang-lede beskou die DA as ‘n wit party.

Die DA het Sondag verklaar dat Ramphele nie meer die DA se presidensiële kandidaat sal wees nie na ‘n samesmelting vyf dae gelede met groot fanfare aangekondig  is.

Volgens Helen Zille wou Mampie Rampie die leier van Agang SA bly asook die DA in die komende nasionale verkiesings lei.

“Dit is verkiesingsnonsens,” het Zille woedend gesê. “Jy kan nie ‘n leier van ‘n party wees en ‘n presidensiële kandidaat van ‘n ander nie,” het sy gesê.

Bronne binne AgangSA sê egter dit is presies wat die DA aan Mampie voorgehou het.

Verlede week se aankondiging is byna op die laaste minuut gekanselleer omdat Mampie glo daarop aangedring het om die volgende sin in te sluit: “In ‘n nuwe Suid-Afrikaanse inisiatief sal ek leier van Agang SA bly asook die DA se presidensiële kandidaat”.

Zille het gesê dit was nie wettig moontlik nie, maar haar nogtans omgepraat om die inligtingsessie oor die samesmelting te hou.

Mampie Rampie het Maandag om verskoning gevra vir enige ongelukkigheid wat haar besluit meegebring het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.