Trevor Manuel sê mense moet nie soos hy geld uit politiek maak nie

Deel op
Sonder verantwoordelikhede?
Sonder verantwoordelikhede?

Trevor Manuel, minister in die presidensie, het Maandag gesê Suid-Afrikaners moet nie soos hy geld uit politiek probeer maak nie.

Hy het gesê om sy voorbeeld te volg is nie die oplossing nie.

“Moenie na my kyk en sê dat omdat ek my geld uit politiek maak, is ek die oplossing nie. Ek is nie die oplossing nie. Ek dink ons moet anders na die kwessie kyk.”

Hy het Maandag ‘n toespraak by die Universiteit van Stellenbosch se Teologiese Dag gelewer oor die funksie van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP).

Politici is nie die oplossing vir Suid-Afrika se probleme nie, het hy gesê.

Elkeen moet die verantwoordelikheid vir sosiale probleme op sy eie skouers neem en nie na politici soos hy kyk vir ‘n oplossing nie.

“Al het demokrasie vir elke Suid-Afrikaner die geleentheid gegee om eienaarskap te neem van wat in die land gebeur, is ons grootliks besig om die taak te wil oorhandig aan iemand anders. Ons weet dit gebeur. Ons reageer net nie daarop nie,” het hy gesê.

Volgens Manuel weet Suid-Afrikaners nie hoe aktiewe burgerskap werk nie, en dit lei tot swak demokrasie en uiteindelik korrupsie.

“Pak die probleme self aan,” het hy gesê. “Moenie wag tot met die verkiesing en dan jou skouers ophaal en sê dat jy nou gaan wag en sien wat die party vir jou gaan doen nie. Dis nie demokrasie nie.”

Hy het gesê die NOP beteken dat Suid-Afrikaners aktief betrokke moet raak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.