Mandela se testament gelees

Deel op
Zelda la Grange
Zelda la Grange lei Mandela

Nelson Mandela se testament van 40 bladsye wat Maandag gelees is, het belangstelling gaande gehad omdat daar reeds ‘n uitgebreide familietwis oor sy erflating woed.

Dit is Maandag onthul dat Mandela en Graca Machel, die weduwee van die afgestorwe Mosambiekse rewolusionêre leier, glo binne gemeenskap van goedere getroud was.

Machel is daarom geregtig op die helfte van Mandela se boedel.

Spesifieke items in die boedel is aan haar bemaak, maar sy kan baie meer opeis. Mandela se erflating is glo nagenoeg R46 miljoen werd, maar dit moet nog geëvalueer word.

Mandela het ook R50 000 aan verskeie van sy personeellede, onder wie Zelda la Grange, bemaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.