Rampie toe net ‘n DAGGAdampie

Deel op

delport_manfred_600deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Die afgelope paar dae was ‘n besonder vermaaklike week in die Suid-Afrikaanse partypolitiek. Ek geniet niks meer as om te sien hoe ‘n linksliberale naïeweling sleg sesde kom nie, en Rooi Helen se val was gróót.

Dit is slegs enkele dae gelede dat Rooi Helen met geweldige fanfare aangekondig het dat daar ‘n grondverskuiwende gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse politiek plaasgevind het. Mampie Rampie, die voormalige minnares van Steve Biko, sou by die DA aansluit as presidensiële kandidaat. Die DA en Agang sou onderhandel oor hoe om die twee partye saam te smelt, vermoedelik in ‘n nuwe party by name DAGGAng. Rooi Helen en Rampie was lankal maatjies, aangesien dit Rooi Helen was wat as destydse joernalis by die Rand Daily Mail, verslag gedoen het oor die ongelukkige lot wat Rampie se minnaar in polisieaanhouding getref het.

Of sou Rampie ‘n DA-lid word? Die DA se grondwet maak dit immers duidelik dat geen persoon aan ‘n ander party mag behoort en terselfdertyd ‘n DA-LP wees nie. Luidens berigte het Rooi Helen en Rampie, sonder om hetsy die DA, hetsy Agang se gewone lede te raadpleeg, hul ooreenkoms oor ‘n paar drankies in ‘n Kaapse restourant beklink. Was die drankies die oorsaak van die passievolle soen op die verhoog tydens die aankondiging later daardie dag? Na die tipiese fatsoen van die Afrikaan, het Rampie se woord egter nie beteken wat Rooi Helen gemeen het dit beteken nie. Daar is diegene wat beweer dat daar nie in ‘n Afrikaan se kultuur ‘n begrip gelykstaande aan ‘n Westerling se belofte of woord van eer bestaan nie. As ‘n Afrikaan jou dus iets belowe, beteken dit straks: “Ek sal so maak. As ek daarna voel. As dit my pas op daardie tydstip. En as ek nie intussen van gedagte verander het nie.” Soos beide Piet Retief en Rooi Helen te laat agtergekom het.

Rooi Helen het egter klaarblyklik geen begrip vir ‘n Afrikaan se waardestelsel gehad nie, iets wat verbasend is vir ‘n Xhosaspreker en voormalige joernalis, wat sekerlik al lank genoeg in die land is om sinies te wees. Die waarskuwingstekens oor Rampie was eweneens lankal reeds daar. Meer as ‘n jaar gelede het die Oxford-akademikus, RW Johnson, ‘n stuk oor Rampie op Politicsweb geskryf, waarin hy uitgewys het dat Rampie ‘n arrogante, onbevoegde en swak bestuurder is, soos wat die meeste aanstellings op grond van velkleur maar geneig is om te wees. Sy is by verskeie instansies aangestel as ‘n professionele “token black” (“beroepswarte” in Nederlands), maar het klaaglik misluk in al haar RA-aanstellings. Volgens Johnson het die hoof van die Wêreldbank byvoorbeeld binne enkele weke ná Rampie se aanstelling, besef dat sy ‘n fout was.

Ek het my net so verlekker aan die klakkelose en voorspelbare lofsangery aan hierdie wonderlike huwelik wat uit Naspers se redakteurs se penne gevloei het. Díé liggewigte het nie die treinramp sien kom nie, en was gaande oor watter wonderlike gebeurtenis DAGGAng sou wees, en hoe DAGGAng nóú darem vir die ANC sou ore aansit. Omdat ‘n Naspersredakteur byne per definisie ‘n oningeligte liggewig is, wat bloot daar is om die NSA se lof te besing, en veral wat politieke ontledingsvermoë betref, het hulle nie die voor die hand liggende probleme met hierdie DAGGAng-huwelik ingesien nie.

Eerstens moet mens jou die vraag afvra: Vir ‘n party wat hoog en laag opgee oor sy verbintenis tot anti-blanke rassisme; wat die Madibatopiese mite van transformasie tot partyreligie verhef het, nes die ANC, is dit nie skokkend dat daar nie een RA-kandidaat binne die DA was wat ‘n geskikte kandidaat sou wees om as ‘n “token black” op te tree in Rampie se plek nie? Lyk vir my al te veel of die DA self nie glo aan rassistiese regstellende aksie waar dit kom by sy interne kandidate nie. Was sy onlangse en skokkende bevestiging dat hy wel rassistiese RA steun, eintlik maar ‘n siniese poging om swart stemme te koop? Toe Rooi Helen op paniekerige wyse na ‘n swart gesig gesoek het, was dit buite haar party, en vergete was al die mooi broodjies oor die DA se eie, interne transformasie.

Voorts het beide Rooi Helen en Naspers glad nie besef watter tipe kat in die sak Rampie is nie.

Ek haal aan uit ‘n stuk Vrydag in Beeld, geskryf deur ene André le Roux: “Ramphele is allermins ’n opportunistiese ‘bootstrapper’. Sy het sonder regstellende aksie al die geloofsbriewe: dokter, direkteur van die Wêreldbank, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, sakevrou.” Ai, tog. Duidelik het meneer Le Roux nie die vaagste begrip oor presies hoe ‘n groot opportunis Rampie, die professionele RA-voordeeltrekker, eintlik is nie.

Die grootste mistasting aan die kant van Naspers se liggewigte is egter om hulle te verbeel dat Rampie noemenswaardige steun vir die DAGGAngparty sou inwin. Rampie kom uit ‘n swartbewussynsagtergrond. Daar is reeds ‘n swartbewussynsparty in Suid-Afrika, een met ‘n swart leier boonop. Sy naam is die PAC. Die PAC kry egter deesdae minder stemme in verkiesings as wat die VF+ kry, en die PAC se poel van kiesers is veel, veel groter as die VF+ s’n. Hoe hetsy Rooi Helen, hetsy Naspers hulle kon verbeel dat Rampie swart steun sou kry, gaan die verstand te bowe. Is Agang immers nie gestig juis omdat ontnugterde swart kiesers juis níé vir die DA wou stem nie?

Regstellende aksie en identiteitspolitiek het liederlik in DAGGAng se gesig ontplof. DAGGAng gaan nie gou weer sy aansien terugwen nie, veral nie onder swart kiesers nie. Rooi Helen se dae is insgelyks getel as gevolg van hierdie Ramp. Die messe binne DAGGAng moet sekerlik uit wees vir Rooi Helen, en sy sal nie as leier die verkiesing van 2019 binnegaan nie. Ek is skoon lus en koop vir Rooi Helen Piet Retief se biografie as ‘n Valentynsgeskenk, maar deesdae soen sy hoeka eerder swart vrouens.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.