Zille se koalisie-kaartehuis stort in duie

Deel op
Zille in haar kombuisbediende-mondering, sweep swart gemoedere op oor grond
Zille in haar kombuisbediende-mondering, sweep swart gemoedere op oor grond

Die DA en Agang se openbare gesoenery het toe niks vermag nie. Dr. Mamphela Ramphele en Helen Zille se baie kortstondige politieke bondgenootskap het binne net enkele dae in ‘n openbare vyandskap geëindig.

Dit volg na ’n ultimatum wat Zille aan Ramphele gestel het om deel te neem aan ‘n optog na Luthuli-huis teen die ANC. Ramphele – wat waarskynlik na ANC-vermanings besef het dit sou tot geweld lei – was beslis dat sy nie tot so iets ingestem het nie

Zille het Mampi-Rampi daarvan beskuldig dat “sy nie vertrou kan word nie”. Die DA-leier het pas ‘n grootskaalse swartsmeerskinderveldtog teen haar “beste vriendin” van stapel gestuur in ‘n poging om haar eie voortvarende politieke onbeholpenheid toe te smeer.

Die DA-leier, wat self met ‘n vertrouensprobleem en haar eie grootheidswaan worstel, het Sondagaand in ’n verklaring bevestig dat die DA en Agang SA se paaie gaan skei.

Die onverwagse vyandskap sal Maandag in afsonderlike nuuskonferensies in Johannesburg belig word.

Volgens die DA het hulle nuutaangewese presidentskandidaat in die komende verkiesing die ooreenkoms tussen die twee partye verbreek.

Ingeligte bronne binne die DA sê Zille is woedend omdat sy dit nie kon regkry om Mampi-Rampi se manipuleer nie.

Uiteraard sal dit beteken dat Mampi-Rampi ook nie meer die DA in die voorste gestoeltes in die komende algemene verkiesing sal verteenwoordig nie.

Ramphele se woordvoerder, Andrew Gasnolar, het Sondagaand bevestig dat sy nie meer die DA se presidentskandidaat sal wees nie.

Zille sê Ramphele het die die media, Agang-ondersteuners en die DA mislei deur aan elkeen ‘n ander verhaal voor te hou.

In werklikheid het Zille haarself en haar party met haar eie egoïstiese ywer en leë beloftes gesink.

Sy het deurentyd names Ramphele besluite geneem terwyl sy nie tred gehou het met die anti-DA sentiment onder Agang se ondersteuners nie. Praag het verlede week oor die ontevredenheid onder Agang-kiesers oor die skielike samesmelting berig.

Dié onverkwiklike toestand wat deur Zille se aandagsug meegebring is, het die ooreenkoms tussen die twee vryers gou laat versuur.

Beeld het Maandag Zille se beeld probeer red met ‘n emosiebelaaide, karakterskendende aanval teen Mampi-Rampi.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.