Oproer tref Limpopo en Gauteng

Deel op

Die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega sal na verwagting besoek aflê in Ha-Kutama, net buite Makhado in Limpopo, nadat oproer en geweld in die gebied uitgebreek het.

Gemeenskapslede het vier huise, twee voertuie en twee polisiemotors tydens die oproerogheid in ligte laaie gelaat.

Die ontstoke inwoners eis dat nege mense in hegtenis geneem word vir die moord op ‘n 38-jarige swart man in ‘n nabygeleë woongebied. Hulle glo die nege  is vir die man se dood verantwoordelik.

Die situasie in die swart woongebiede buite Tzaneen in Limpopo is steeds kalm.

Die polisie in Limpopo het gesê dat die eenhede wat openbare orde handhaaf steeds die gebied monitor.

Relela en Kubjana is verlede week in chaos gedompel toe ‘n oproerige skare ‘n satelliet-polisiestasie aangeval het.

Die stasie in Relela het kwaai onder vandale deurgeloop. Vyftien polisiebeamptes is beseer en 19 polisievoertuie is beskadig.

Drie mense is tydens die oproer dood. Inwoners sê hulle is deur die polisie doodgeskiet.

oproerNege verdagtes sal môre op aanklagte van openbare geweld, saakbeskadiging en brandstigting in die plaaslike landdroshof verskyn, en nog nege is steeds in aanhouding tot hul volgende hofverskyning aanstons.

Die munisipaliteit van Mogale City het intussen die gewelddadige oproer deur Heuningklip-inwoners naby Krugersdorp veroordeel.

Die skare oproeriges het die N14 met brandende buitebande versper in ‘n poging om grond te beset.

Geweld het losgebars het toe personeel van ‘n privaat veiligheidsmaatskappy hulle van die grond afgejaag het.

Vier mense is beseer, toe die Rooimiere met rubberkoeëls op die skare losgetrek het.

‘n Woordvoerder van Mogale City sê die grond sal beskikbaar gemaak word aan gesinne wat van plase in die omgewing afgesit is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.