Nog ‘n mynstaking dreig

Deel op
Irvin Jim
Irvin Jim

Nog ‘n staking dreig in die mynsektor.

Die vakbond Numsa gaan ‘n 48-uur kennisgewing indien om by Anglo American Platinum te begin staak.

Dit volg terwyl die lede van die vakbond Amcu die werkgewers se jongste aanbod van ‘n nege persent verhoging verwerp het.

Numsa se hoofsekretaris, Irvin Jim, sê al die mynsektore eis dubbelsyfer verhogings. Numsa se eise sluit in behuising, skof-en vervoertoelae.

Die vakbond wil ook ‘n 40 uur werksweek hê, en dat werkers nie op openbare vakansiedae moet werk nie.

Jim het die mynbestuur gevra om vinnig op te tree om te keer dat die staking plaasvind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.