DA-lid rand wit raadslid aan oor ‘rassisme’

Deel op
Jindela
Jindela

’n Stadsraadsvergadering van die Stellenbosch-munisipaliteit het Woensdag in geweld ontaard toe ’n swart DA-raadslid ’n wit opposisielid met die vuis geslaan het.

NUUT!

Die voorval is deur die stadsraad in ’n verklaring bevestig, het Beeld berig.

Nyaniso Jindela (DA) het André van der Walt (Stellenbosch Civic Association) geslaan oor ‘n “rassistiese” aanmerking.

Van der Walt het tydens die raadsvergadering vir Jindela glo “you stupid” genoem. Die speaker, Cyril Jooste, het Van der Walt gevra om sy woorde terug te trek, waaraan hy toe gehoor gegee het.

Tydens ‘n koffiepouse, ‘n rukkie daarna beweer Jindela is hy ‘n “dom kaffer” genoem waarop hy toe vir Van der Walt “geklap” het.

Van der Walt het ’n klag van aanranding by die polisie inge­dien.

‘n Raadslid sê Van der Walt het nie ’n rassistiese aanmerking gemaak nie. Hy het wel gesê dat Jindela “dom vrae vra en sy tyd mors”.

Hy het aan Die Burger gesê Van der Walt is so hard met die vuis geslaan deur Jindela dat hy twee van sy tande verloor het en op die grond neergeval het.

Van der Walt was besig om ’n wysiging ’n raadsitem te motiveer toe Jindela die spoor byster geraak het en deurentyd wou weet waaroor daar gepraat word.

Die raadslid van die Stellenbosch Civic Association het sy ontsteltenis oor die munisipaliteit se eensydige verklaring uitgespreek.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.