Trichardt-monument geskend

Deel op

wawielDie bekende Trichardt-gedenkmonument, ‘n wawiel, in die middestad van Nelspruit met sy historiese brons sonwyser, is oopgebreek en van alles gestroop.

Die loodkapsule wat sedert 1938 in die monument bewaar word en eers in 2038 oppgemaak moes word, is ook weg.

Die sogenaamde tydkapsule sou ondermeer historiese dokumente bevat om die Groot Trek se eeufees in 1938 te herdenk.

Gerugte dat twee Transvaalse veldponde vir bewaring deur die nageslag in die kapsule in Nelspruit geplaas is, doen al lankal die rondte.

Dit is egter onwaarskynlik dat die metaalstropers daarvan sou weet.

‘n Goue veldpond kan deedae tot ‘n miljoen rand stuk op die wêreld muntmark haal. Dis die mees gesogte munt ooit uit Suid Afrika.

Minder as 900 daarvan is ten tye van die Vryheidsoorlog op Pelgrimsrus gemunt van die staatsgoud uit Pretoria wat later as die mistieke Kruger Miljoene bekend sou staan.

Die Historiese Belangegroep van Mpumalanga het sy telleurstelling oor die skending van ‘n erfenis baken uitgespreek.

‘n Dingende beroep word op skroothandelaars gedoen om op die uitkyk te wees vir die sonwyser en dit liewer terug te besorg as om dit te vernietig.

Planne om die stadsraad te nader en die sonwyser en tydkapsule in veilige bewaring te plaas en die brons met ‘n harsnamaaksel te vervang, is nooit ten uitvoere gebring nie.

Bron: Nelspruit Post

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.