Rentekoersverhoging dalk net die begin

Deel op
Gill Marcus
Gill Marcus

Woensdag se rentekoersverhoging – die eerste in vyf jaar – kan dalk net die begin wees.

Die goewerneur van die Reserwebank, Gill Marcus het aangekondig dat die repokoers met ‘n halwe persentasiepunt sal verhoog word tot 5,5%. Die primakoers sal gevolglik klim tot 9%.

As jy R1 miljoen op jou verband skuld, sal dit jou sowat R319 meer elke maand kos, volgens Eerste Nasionale Bank se eiendomsontleder.

Hy het huiseienaars gewaarsku om voorsiening te maak vir die styging.

Die rand se onlangse daling het inflasionêre verwagtinge geskep en die sentrale bank genoop om op te tree.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.