Portefeuljekomitee keur Robert McBride se Opod-hoofskap goed

Deel op
Robert McBride
Robert McBride

Die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie het die aanstelling van Robert McBride as hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), goedgekeur.

Die voorsitter van die komitee, Annelize van Wyk, sê die nominasie sal nou na die Nasionale Vergadering verwys word wat na verwagting McBride se aanstelling as die hoof van Opod sal goedkeur.

Die direktoraat is al sonder ‘n permanente hoof vir meer as ‘n jaar. Opposisiepartye,waaronder die Demokratiese Alliansie, Congress of the People en die African Christian Democratic Party, is ontstoke oor die nominasie en het gesê McBride is nie geskik vir die pos nie as gevolg van sy persoonlike regsprobleme in die verlede.

Maar, die minister van polisie, Nathi Mthethwa het lede vermaan en gesê dat McBride vrygespreek is van dronkbestuur aanklagte tydens sy termyn as Ekurhuleni Metro-polisiehoof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.