Arbeidshof sê vandag of goudstaking voortgaan

Deel op

labourcourtDie Arbeidshof sal vandag beslis of ‘n staking in die goudmynbedryf kan voortgaan, terwyl samesprekings in die platinumsektor weer môre hervat word.

Die hof in Johannesburg moet uitspraak lewer of die vakbond, Amcu se beplande staking by goudmyne in die land beskermd sal wees. Goudprodusente wat deur die Kamer van Mynwese verteenwoordig word, betwis die wettigheid van die staking.

Samesprekings om die loonstaking by platinummyne te beëindig, het gister in Pretoria geëindig sonder dat enige ooreenkoms bereik kon word, het RSG berig.

Vakbond-onderhandelaars sê hulle kon nie tot die aanbod instem wat die mynmaatskappye voorgelê het nie.

Werkers by Amplats-, Implats- en die Lonminmyne staak sedert verlede Donderdag. Hulle eis ‘n maandelikse salaris van 12-duisend-500 rand. AMCU se hoof-onderhandelaar – Jimmy Gama – sê daar sal vandag weer met lede onderhandel word voor samesprekings môre hervat word.

Sowat 300 lede van Amcu betoog elke dag by Anglo American se Twickenham platinummyn buite Burgersfort in Limpopo, sedert die staking in Noordwes verlede week begin het.

Die provinsiale woordvoerder van Amcu, Zeb Mabilu sê daar was sover geen voorvalle van geweld of intimidasie nie.

Hy sê die stakende Amcu-lede kry heelwat simpatie van werkers wat nie aan Amcu behoort nie, maar wat ook glo dat R12.500 ‘n regverdige salaris sal wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.