Phiyega slaan politieke heksevure in Limpopo dood

Deel op
Riah Phiyega
Riah Phiyega

Die liggaam van ‘n driejarige kind is gevind naby die onrusgeteisterde Rhelela buite Tzaneen in Limpopo. Die woedende gemeenskap het ‘n winkel aan die brand gesteek in Khubyana naby Rhelela.

‘n Plaaslike raadslid sê die kind se liggaam is gevind nadat drie kinders tussen drie- en vierjaar oud, Woensdagaand as vermis aangemeld is.

Die polisie in Tzaneen vermoed nie enige gemene spel in verband met die dood van ‘n driejarige kind nie.

Die Nasionale Kommissaris van Polisie Riah Phiyega het Woensdag na Limpopo gereis om te probeer om die situasie te ontlont.

Sy het die gebied besoek nadat betogers die naweek ‘n polisiekantoor aangeval het oor die dood van ‘n 15-jarige seun.

Die Groter Tzaneen se raadslid, Moses Mahasha sê die kind is in ‘n kattebak van ‘n motor van ‘n plaaslike swart sakeman gevind. Daar word beweer dat hy deur die polisie doodgeskiet is.

Dit is in dieselfde gebied waar ‘n gewelddadige openbare protes vir vyf dae geduur het. Drie betogers is tydens die botsings deur die polisie geskiet.

In die daaropvolgende geweld Dinsdagnag is twee betogers doodgeskiet en 15 polisiemanne beseer. Negentien polisievoertuie is ook beskadig.

Inwoners het ook op ‘n plundertog gegaan nadat die verminkte liggaam van ‘n 20-jarige vrou gevind is.

Phiyega het inwoners gister gewaarsku dat openbare orde nie onderhandelbaar is nie.

Vier mense is gewond toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n groep ontstoke gemeenskapslede by die Ha-Kutama-stamgebied buite Makhado in Limpopo losgebrand het.

Die betogers dring aan op die inhegtenisneming van nege mense wat daarvan daarvan verdink word dat hulle ‘n 38-jarige man van ‘n nedersetting vermoor het.

Die polisie sê die man het selfmoord gepleeg.

Phiyega het die polisie-optrede verdedig tydens haar besoek. Sy het gesê dat die polisiebeamptes moes optree, aangesien hul lewens in gevaar was.

“Uit vrees vir hul lewens het ‘n paar van die lede lewendige ammunisie gebruik wat gelei het tot die dood van die twee lede van die gemeenskap. Die gebou en sowat 19 voertuie is beskadig. Feit van die saak is dat die polisie beamptes ook mense is. Elke lewe verloor tydens polisie-ingryping is pynlik, niemand moet tydens ‘n openbare protes sterf nie,” het Phiyega gesê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.