Die top 5 gratis programme op die net

Deel op

OpenOffice.org

www.openoffice.org

Open Office is goeie mededinging vir Microsoft Office; dit werk op al drie bedryfstelsels, Windows, MacOS en Linux. Jy kan baie betaal vir Microsoft Office of niks vir Open Office nie, met ʼn woordverwerker, spreitabel, databasis, voorleggingsprogram en nog meer.

 Use OpenOffice.org

Deel op

Adobe Reader
www.adobe.com
Dit werk op Windows, MacOS, Linux en jou selfoon. Jy en medewerkers kan terselfdertyd op dieselfde dokumente werk, al is julle geografies geskei.

Firefox
www.mozilla.com
Weereens aanpasbaar by Windows, MacOS, Linux. In die wêreldwye mark is dit vinnig besig om Internet Explorer in te haal. Weergawe 3 is so pas uitgereik, waarvoor wag jy?

Skype
www.skype.com
Die huidige weergawe is Skype 3.0, en dit werk op Windows, MacOS en Linux. Maklike plaaslike en internasionale oproepe, met video, verniet na ander Skype gebruikers. Jy betaal net vir oproepe na landlyne en selfone.

Thunderbird
www.mozilla.com/thunderbird
Dit werk op al drie bedryfstelsels, nl. Windows, MacOS en Linux. Maklik om te gebruik, vinnig om op te stel en deurentyd word nuwe toevoegings ontwikkel. Ook in Afrikaans! купить лестницу в москвеФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.