Mampi-Rampi soen haar kiesers koebaai

Deel op
Rampi en Zille oppad na nêrens
Rampi en Zille oppad na nêrens

Agang SA se leier Mamphela Ramphele staar ‘n interne opstand in die gesig, met woedende amptenare en die plaaslike leiers wat sê hulle is “gebruik” en “verraai”.

Haar eertydse ondersteuners sal haar ook nie na die DA volg nie, want dit is ‘n “wit party”.

Hulle het Ramphele daarvan beskuldig dat sy Agang SA vir selfsugtige redes verlaat het.

Hulle het gesê sy was nie deursigtig oor haar geheime samesmeltingsgesprekke met die DA nie.

Die DA-leier Helen Zille het Ramphele as die DA se presidensiële kandidaat vir die 2014-verkiesing aangewys.

Agt Agang-leiers en senior party-amptenare het aan The Star gesê hulle sal nie vir Ramphele na haar nuwe tuiste volg nie.

Ontevrede lede sou na verwagting Dinsdagnag ‘n krisisvergadering by die party se hoofkwartier hou.

Volgens The New Age sal Agang SA die algemene verkiesing met ‘n ander leier tegemoet gaan.

“Ons leier neem ons waar ons nog nooit wou gaan nie. As sy ‘n samesmelting met die DA wou gehad het, moes sy ons eerste geraadpleeg het,” het die waarnemende Agang Gauteng sekretaris Yako Sakhiwo aan die koerant gesê .

Pule Monama , ‘n lid van Agang se Nasionale Adviesraad , beskryf Ramphele se besluit as ‘n terugslag vir die mense in nedersettings wat gehoop het dat daar ‘n “nuwe begin sou wees, [‘n party] wat werklik wou veg en hul diensleweringsprobleme sou oplos”.

Ramphele het nie gereageer op oproepe en ‘n SMS-boodskap nie.

Die soen
Die soen

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.