Transito-rowers kom tweede

Deel op

heistTwee vermeende rowers is in ‘n skietery met transito-veiligheidswagte by ‘n winkelsentrum op Witbank dood.

Die polisie in Mpumalanga sê ‘n groep van sowat vyf mans het die SBV transitovoertuig by die Safewaysentrum aangeval.

‘n Woordvoerder, Selvy Mohlala, sê die mans het op die wagte losgebrand waarna hulle teruggeskiet en twee doodgeskiet het, het RSG berig.

‘n Smous is ook in die kruisvuur dood. Mohlala sê die rowers is vermoedelik van Botswana en Zimbabwe.

Die polisie soek na drie aanvallers wat van die toneel af weggevlug het.

Vroeër is vyf mense doodgeskiet in nog ‘n transitorooftog op Richmond in KwaZulu-Natal.

Onder die slagoffers is ‘n polisielid, ‘n veiligheidswag en drie vermeende rowers.

Die polisie sê die veiligheidsmaatskappy was besig om geld in die kitsbank te laai toe die veiligheidswag deur gewapende mans gekonfronteer is.

Hulle het hom daarna doodgeskiet en sy vuurwapen na bewering afgeneem.

Toe hulle probeer het om die geldhouer te verwyder, het die kleurstof ontplof waarna hulle gevlug en in die daaropvolgende skietery nog twee omstanders gewond het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.