Solly Ozrovech se boeke van winkelrakke na beweerde molestering

Deel op
Ds. Solly Osrovech
Ds. Solly Ozrovech

Die boeke van ‘n gewilde skrywer is van die Christelike Uitgewers Maatskappy (CUM) se winkelrakke gehaal, na Huisgenoot berig het oor sy beweerde kindermolestering.

Ds. Solly Ozrovech se ouers was Poolse Jode wat na Suid-Afrika geïmmigreer het om die sogenaamde Jodeslagting van die Tweede Wêreldoorlog vry te spring.

Nadat albei sy ouers in ‘n motorongeluk oorlede is, is hy wees gelaat en het weens ‘n misverstand in die Afrikaanse weeshuis in Ugie beland, pleks van die Joodse weeshuis in Brixton.

Twee mans wat anoniem wil bly, beweer dat hulle deur Ozrovech gemolesteer is.

Die eerste man beweer dat hy as tienjarige weeskind gesodomiseer is deur Ozrovech, toe direkteur van die M.T.R. Smit-kinderoord in die Oos-Kaap.

’n Tweede beweerde slagoffer het soortgelyke voorvalle beskryf.

Ozrovech het met regstappe teen die tydskrif begin.

Jacques Louw, Ozrovech se prokureur, het bevestig dat Huisgenoot vir laster gedagvaar sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.