Polisie skiet glo nog twee oproermakers in Limpopo

Deel op

limpopoviolenceDie polisie in Limpopo sê hulle het geen ander keuse gehad nie as om hulself te verdedig teen die oproerige inwoners in Rhelela buite Tzaneen.

Hangwani Mulaudzi , polisiewoordvoerder, het het gereageer op die dood van twee lede van die gemeenskap wat omgekom het na skote buite ‘n satellietpolisiestasie in die gebied Dinsdagnag weerklink het.

Woedende inwoners is sedert Vrydag verlede week in oproer ná die noodlottige skietery van ‘n 15-jarige seun en die moord van ‘n 20-jarige vrou.

Hulle het ‘n satellietpolisiekantoor aangeval en beamptes met klippe gegooi. Die aanval het gevolg nadat woedende inwoners deur ‘n provinsiale leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters toegespreek is.

Skote is afgevuur wat gelei het tot twee sterftes. Die skare is verwilder nadat die polisie versterkings ingeroep het.

Agt mense is dood in botsings tussen oproermakers en die polisie in die afgelope twee weke.

Sedert Vrydag is vier mense reeds in Rhelela dood

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.