Cosatu kanselleer opmars na parlement

Deel op

Weens slegte weer het Cosatu besluit om sy beplande opmars na die parlement om beswaar te maak teen stygende elektrisiteits- en voedselpryse te kanselleer. Cosatu het vroeër aangekondig dat die betogings in Kaapstad en Durban as 'n volle eendagstaking gesien moet word.

Deel op
 
Die federasie se provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich het gesê dat daar pleks daarvan 'n binnenshuise massavergadering in die Kaapse Goeiehoopsentrum sal plaasvind. Die vergadering sou net na twaalfuur vanmiddag begin het.

Hy het gesê die organiseerders is ingelig dat die luisprekerstelsel wat op vragmotors gemonteer is in die reën die gevaar van elektriese skokke vir die sprekers inhou en daarom is besluit om die buitemuurse betoging af te las.

ігри для дєвачєкАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.