Mampi-Rampi die DA se presidensiële kandidaat

Deel op
Mampi se Agang van ondergang gered
Mampi se Agang van ondergang gered

Die leier van die DA, Helen Zille het pas haar swart vriendin asook haar eie se politieke loopbaan gered.

Zille het aangekondig dat Mamphela Ramphele, ook bekend in die volksmond as Mampi-Rampi, sal staan ​​as die DA se presidensiële kandidaat.

Die twee partye het ook die oprigting van “gesamentlike tegniese komitee” tussen DA en Agang SA aangekondig.

Ramphele het gesê sy voel geëerd om die DA se uitnodiging te aanvaar. Zille het haar daarna ‘n drukkie gegee en gesê: “Welkom , Mamphele.”

Sy het gesê die belangrikste ding is dat die twee partye dieselfde waardes deel en dat dit ‘n stap in die nuwe rigting van die bou van ‘n nuwe SA beteken wat sal lei tot ‘n “fundamentele herskikking van die politiek.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.