Britse VN-resolusie teen lospryse eenparig aanvaar

Deel op
Grant
Mark Lyall Grant

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het ‘n beroep op lande gedoen om die betaling van lospryse te staak.

‘n VN-resolusie is eenparig goedgekeur, wat ledestate verhoed om lospryse aan groepe te betaal wat bande met al Kaida het.

Die resolusie is nie bindend nie, maar wil terreurgroepe verhinder om geld so in te samel.

Al Kaida verdien honderde miljoene dollar deur lospryse te eis.

Groepe wat bande het met al Kaida het in die laaste drie jaar meer as een miljard rand in lospryse ontvang, het Brittanje se VN-ambassadeur Mark Lyall Grant aan verslaggewers gesê.

Dit kom te midde van pogings om die Suid-Afrikaanse onderwyser, Pierre Korkie, vry te laat wat in Jemen as gyselaar aangehou word.

The Gift of the Givers Foundation se verteenwoordiger in Jemen sal voortgaan om te onderhandel met al Kaida vir die vrylating van die Bloemfonteinse onderwyser, maar van buite die land.

Die stigter van die Suid-Afrikaanse Moslemliefdadigheidsorganisasie Imtiaz Sooliman het gesê die onderhandelaar Anas al-Hamati moet Jemen verlaat nadat die ontvoerders hom beskuldig het dat hy die losprys vir Korkie se vrylating gesteel het.

Hulle glo die Suid-Afrikaanse regering het die losprys  verlede week in Jemen betaal.

Die adjunk-Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Ebrahim Ebrahim het Jemen verlede week besoek, en ‘n vergadering met topregeringsamptenare oor Korkie se saak bespreek.

Alhoewel sekere state reeds weier om ontvoeringslospryse te betaal onder ‘n resolusie wat in 2001 aangeneem het, het die Britse regering ‘n nuwe resolusie opgestel wat ontwerp is om politieke druk op lande wat steeds lospryse betaal, te verhoog.

Die resolusie skep geen nuwe wetlike verpligtinge nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.