Polisie is lafhartige bliksems

Dié stuk skryf ek na aanleiding van die polisie se aanranding op mnr. Fanie Kriel van Pretoria.

Mnr Kriel, ek hoop jy slaag daarin om die polisie suksesvol hof toe te neem en die mag vir miljoene te dagvaar.

Mag die meerderheid van die eerlike Jan Publiek die wapen opneem teen die polisiemag en hulle ook so aanrand, in groepsverband as dit moet, sodat daar geen vinger gewys kan word na een enkele persoon nie!

Ek besef dat ek in dié verband geensins beter is as die gespuis wat die daad gepleeg het nie, maar hoe kan mens voortaan op die polisie vertrou om jou te beskerm as hulle ons goedsmoeds aanrand?

Soos verskeie studies al in die redelik onlangse verlede aangetoon het, bestaan ‘n groot deel van die huidige polisiemag uit geharde misdadigers met misdaadrekords.

Dít wat hulle aan jou gedoen het, was barbaars en hoewel ek voorheen van mening was dat geen mens dit verdien nie, begin ek nou voel dat die sogenaamde geregsdienaars wat so opgetree het dit aan eie lyf moet voel.

Mag hulle self eendag in die posisie verkeer waar hulle die slagoffers is, dat daar teen hulle op dié wrede genadelose manier opgetree word.

Die feit dat daar nie melding gemaak word van die kriminele polisiebeamptes se ras nie maak dat mens met redelike sekerheid kan aanvaar dat dit swartes was wat die reg so verkrag het.

Mag die polisiekaptein wat aan hom gesê het dat hy die saak moet los self eendag voel wat hy aan die slagoffer vertel het. Dit sal net reg wees dat die bordjies verhang word en die dom, korrupte bliksem aan eie bas ervaar wat hy ander aandoen. ‘n Oog vir ‘n oog. Ek hoop dat sy woorde eendag in sy eie kop sal maal terwyl hy lê en soebat en smeek vir genade terwyl iemand hom ook verwoes. En daarna moet hy onthou wat hy aan mnr. Kriel gesê het: “dis tog maar net menslik om foute te maak en dat hy die sakie moet vergeet”.

In die kaptein se geval hoop ek dat hy ook maar net-net in die een of ander intensiewesorgeenheid deurgehaal word, maar hy moet die skade aan sy lyf elke liewe dag vir die res van sy lewe voel, die herinnering moet so by hom spook dat hy nie weer sy oë sal kan toemaak sonder om die drogbeelde te sien en elke hou van voor af te voel nie.

En mag hy daarna dink aan die woorde wat hy so maklik uiter: “los maar die sakie net hier, daar sal niks van kom nie”. Die vraag is net, was dit ‘n waarskuwing of ‘n dreigement, mens sal nooit weet nie, kaptein, net jy sal weet hoe jy dit bedoel het, maar ek hoop dat as dit ‘n dreigement was, dit sal terugkom om jou tot selfmoord te dryf. Jy is nie ‘n mens nie, jy is slegter as ‘n dier en verdien nie die pos, salaris en verantwoordelike posisie wat jy tans in die samelewing beklee nie.

Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê.

бланк справки для бассейна

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.