Verlede maand is 'n 17-jarige Joodse seun bewusteloos geslaan deur 'n bende swart en Arabiese tieners. Die polisie is steeds op soek na die aanvallers.
Inwoners sê hulle is egter nie verbaas nie want hulle het net enkele weke voor die insident die polisie om hulp gesmeek.
Die direkteur van die grootste Joodse skool in Europa sê dis nie 'n godsdiensoorlog nie maar 'n rasseoorlog.
Die noordelike voorstede het die hoogste werkloosheidsyfer in Parys, met die jongste bevolking, asook hoë konsentrasies Arabiere en swartes in gesubsidieerde woonstelblokke.