DA, Agang SA gaan glo saamsmelt

Deel op
Ramphele
Ramphele

Die Burger berig dat die DA en Agang SA Dinsdagoggend sal aankondig dat dié twee partye saamsmelt.

Volgens Die Burger is dit ikabod vir dr. Mamphela Ramphele se party, wat minder as ’n jaar oud is en miljoene in skenkersgeld uit die VSA ontvang het.

Helen Zille, DA-leier, sal glo binnekort ‘n aankondiging van “nasionale belang” maak.

Onderhandelings tussen die DA en Agang SA het verlede jaar platgeval en Ramphele het daarna besluit om die haar eie party te stig.

Intussen het sy met die DA in Kaapstad vergader oor besonderhede van die samesmelting. Daar word beweer dat Ramphele steeds ‘n hoë profiel wil handhaaf.

Agang SA sê in ‘n verklaring op sy webwerf dat die gerugte “geïgnoreer” moet word dat Ramphele op die DA se lys van kandidate vir die verkiesing verskyn.

“Ons maak geen geheim van die feit dat ons praat met ander partye in Suid-Afrika nie. Ons maak geen geheim van die feit dat al die partye en burgers nodig het om saam te staan ​​teen die ANC en diegene wat ons hulpbronne wil gebruik om hul eie ego’s te befonds en lewenstyl …

“Daar is ‘n buitengewone venster van geleentheid wat geopen het sedert Madiba se dood en die verbrokkeling van die Drieparty-alliansie.

“Ons sal voortgaan om burgers te inspireer om die land eerste te stel in hul keuse van leierskap en samewerkingsgeleenthede,” lui die verklaring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.