Gaap, nog ‘n ‘regse komplot’

Deel op

skapePresident Jacob Zuma en sy kabinetslede was veronderstel om aan die hand van die “Boerevolk” te sterf tydens die verkiesingskonferensie van 2012 in Mangaung.

Die hof in Bloemfontein het Maandag gehoor dat die ANC-leierskap om die lewe gebring sou word.

‘n Polisiebeampte wat die groep “geïnfiltreer” het – mnr A – het in die Vrystaatse hooggeregshof getuig hoe ‘n groep “regses” beplan het om die land onregeerbaar te maak deur aanvalle op lughawens, stasies en olie-raffinaderye uit te voer.

Dit sou gebeur nadat president Jacob Zuma en sy kabinet vermoor is.

Hy het getuig dat die beskuldigdes, Johan Prinsloo en Mark Trollip, wapens gereël het om die sluipmoorde mee uit te voer. Hulle ontken skuld.

Hy het gesê een van die beskuldigdes in die beweerde komplot, Martin Keevy, het gesê dat iets gedoen moet word, en dat ‘n “aanval [ by Mangaung ] die Boerevolk sou laat opstaan, wat sou volg.”

Keevy, 49, is onbevoeg verklaar om verhoor te word in Oktober , en is tot ‘n pasiënt van die Staatspresident verklaar.

Dié bewerings is gehoor in die verhoor van Johan Prinsloo, 50, aangekla van verraad en terrorisme.

Sapa, wat klaarblyklik slaafs een of ander anti-Afrikaneragenda dien, het dadelik berig dat die “Boerevolk” ‘n los versamelnaam vir “regse Afrikaners is op soek na ‘n onafhanklike tuisland in die ou Transvaal en die Oranje-Vrystaat Republieke” in ‘n poging om etniese Afrikaners te stigmatiseer.

Dié beweerde komplot is duidelik deur staatsagente gereël wat kennelik nie genoeg publisiteit en waarskynlik befondsing uit die Boeremagsaak kon wring nie en toenemend, in navolging van Julius Malema, ‘n voorliefde vir die benaming “Boer” toon.

Die polisiebeampte wat onder dekking was, het voorgegee dat ontevrede voormalige weermaglui die “regse saak” ondersteun, wat hoogs onwaarskynlik is aangesien oud-Weermaglede voorheen saam met swart troepe gedien het en só ‘n plan ewe lagwekkend as enige konserwatiewe Afrikaner sal vind.

Die “regse saak” waarna Sapa verwys is duidelik ‘n gefabriseerde komplot wat daarop gemik is om rassespanning te verhoog.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.