Juju se Nkandla-foefie versuur

Deel op

effhouseJulius Malema se groot publisiteitsfoefie om ‘n huis aan ‘n “arm gesin” in Nkandla te skenk, het versuur want die gesin is allesbehalwe behoeftig.

Twee weke gelede het Malema en sy ekonomiese vryheidsvegters aan S’thandiwe Hlongwane ‘n tweeslaapkamerhuis oorhandig.

Sy is getroud met ‘n senior staatsamptenaar wat sowat R250000 per jaar verdien en ten minste twee ander huise besit.

Hlongwane en haar man, Lucky Nene, 60, besit ook ‘n VW Polo en ‘n Hilux-bakkie .

Maar Malema het Vrydag gesê Hlongwane is ‘n ongetroude moeder van twee kinders tussen die ouderdomme van drie en vyf .

“Ons kan nie toelaat dat ons swart suster met haar kinders in daardie omstandighede woon nie,” het Malema gesê . Volgens die EFF was die modderhuis onstabiel met gapende krake.

Dit is algemeen bekend dat mishuise voortdurend gesmeer moet word en dat dit kraak en vervalle raak sonder aandag. Dit wil dus voorkoms asof niemand in die bouval gewoon het nie.

Nene het ontken dat sy gesin die EFF mislei het.

Die egpaar het ook ‘n huis van 338m² in Ulundi. Nene se vrou het nogtans die EFF se aanbod aanvaar.

Tydens die oorhandiging is Malema en sy ondersteuners bestook met klippe. Die polisie het tussenbeide getree met behulp van knuppels , ‘n waterkanon, traangas en rubberkoeëls.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.