Verhoor van vermeende Mangaung-bomplanters begin

Deel op
Boonzaaier, heel links, en Trollip heel regs
Boonzaaier, heel links, en Trollip heel regs

Die verhoor van die laaste van die regses wat daarvan beskuldig word dat hulle beplan het om ANC-leiers tydens die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein in 2012 te vermoor, sal vandag in die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein begin.

Die beskuldigde, Johan Prinsloo was deel van ‘n groep mans wat ná die Mangaung-konferensie in hegtenis geneem is.

Nog ‘n verdagte, Mark Trollip het vroeër skuldig gepleit op aanklag van sameswering om terreurdade te pleeg. Hy het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is tot 8 jaar tronkstraf gevonnis.

‘n Derde verdagte, Martin Keevy was medies ongeskik verklaar om verhoor te word, terwyl aanklagte teen die vierde verdagte, Hein Boonzaaier laat vaar is. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.