DA verswart kandidatelys

Deel op
Divers...
Divers…

Die DA se kandidatelyste vir vanjaar se algemene verkiesing is verswart en tot die helfte van hul parlementslede kan swart wees.

Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het bevestig dat die helfte swart kan wees.

Helen Zille, partyleier, wat die lys in Johannesburg bekend gemaak het, het jong swart kandidate poste belowe, na die party ook onlangs die populistiese swart temas van RA en grondhervorming omhels het.

Dr. Wilmot James, federale voorsitter, het ook bevestig dat die party “so divers moontlik” wil wees. Dit is ‘n bekende eufemisme vir “so swart moontlik”.

Selfs al vaar die DA besonder goed, sal meer as ‘n derde, 25 van die 67 LP’s in die Nasionale Vergadering uitval.

Die name van sewe kandidate is weerhou en wit, Afrikaanse DA-LP’s het van die lys verdwyn of is baie laag geplaas. RSG-omroeper Niekie van den Berg is byvoorbeeld te laag op die lys om ingestem te word.

Van den Berg het aan Beeld gesê “ek is hartseer, bitter teleurgesteld, heeltemal verslane. Dis ’n verskriklike terugslag vir my.”

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, is nie op die lys nie, terwyl Zelda Jongbloed, ’n voormalige rubriekskrywer en hoofredaksielid van Rapport, hoog op dié provinsie se nasionale lys verskyn.

Die DA hoop waarskynlik op nog gunstiger publisiteit in Media24.

Gavin Davis, die DA se kommunikasiehoof en dr. Michael Cardo, Zille se toespraakskrywer, is verseker van plekke in die parlement.

Athol Trollip, voormalige parlementêre leier, is die DA se Oos-Kaapse premierskandidaat.

Die ANC se kandidaatslyskonferensie begin vandag in Pretoria.

Die konferensie sal na verwagting sy steun vir president Jacob Zuma as die presidentskandidaat gee in die komende algemene verkiesing, terwyl die adjunk-president van die party, Cyril Ramaphosa as die land se adjunk benoem behoort te word.

Die naam van die voormalige president van die reserwebank, Tito Mboweni sal ook moontlik op heelwat lyste verskyn wat deur die vakbonde voorgelê word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.