Hannes Engelbrecht aangewys as leier van Front Nasionaal

Deel op
Embleem van die nuwe politieke party
Embleem van die nuwe politieke party

DUNNOTTAR – Die nuutverkose leier van Front Nasionaal, Hannes Engelbrecht, het in sy eerste openbare optrede Churchill se woorde aangehaal: “Ek is nie die leeu nie, maar die lot het op my geval om die leeu se brul te gee”. Hy is geen Moses wat as die groot Afrikaner- of Boereleier die volk uit die ellende kan lei nie, maar met ‘n sterk dagbestuur kan FN groei en uiting gee aan die mense se strewe.

Lede van die dagbestuur wat tydens ‘n vergadering op Dunnottar aan die Oos-Rand verkies is:

Leier: Hannes Engelbrecht
Onderleier: Dr Dan Roodt (met spesiale mag tot mediaskakeling)
Voorsitter: Gordon Fox
Sekretaris: David Spohr
Tesourier: Anell Fourie
Addisioneel: Jean Cilliers
Addisioneel: Berto Ramos (met spesiale mag tot regsverteenwoordiging)

Die volgende streeksleiers maak deel van die Hoofbestuur uit:

Vrystaat: Schalk van der Merwe
Noord-Kaap: Jannie Kuhn
Gauteng: Willie Cloete (oorkoepelend – Noord, Suid en Sentraal).
Gauteng-Suid: Hans Johansen
Gauteng-Noord: Trevor Stumpke

Hannes Engelbrecht
Hannes Engelbrecht

Engelbrecht het genoem dat veral die jongeres soveel ondervinding as moontlik moet opdoen sodat hulle oor twee of drie jaar die leisels kan oorneem, want dit is juis die jongeres wat ly onder regstellende aksie, kwotas en swart ekonomiese bemagtiging.

“Baie sal afhang van mense soos dr Dan Roodt om met mediaskakeling die party te bemark,” meen Engelbrecht.

Vroeër het die voorsitter, Gordon Fox, gese dat dit ‘n lang pad sal wees om selfbeskikking te verkry, maar dat dit iets is wat gedoen moet word, want die paadjie raak al styler in Suid Afrika.

Ná die vergadering het van die aanwesiges gekuier, is ruitplakkers uitgedeel en het verskeie boere en sakemanne van die omgewing lidmaatskapvorms ingevul.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.