Zuma fokus op grond, voorvaders, tenders

Deel op

zumaPresident Jacob Zuma het duisende ANC-lede in Dutywa in die Oos-Kaap toegespreek tydens die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in die provinsie.

Zuma het gesê die grondliggende oorsaak van armoede, werkloosheid en ander maatskaplike probleme is gesetel in die wette van die apartheidsregime.

Volgens hom was wette doelbewus so ontwerp om swartes uit die sosio-ekonomiese aktiwiteite van die land te sluit.

Hy het aan die skare van 35.000 gesê dat sy regering “hand en tand veg” oor die grondkwessie met grondeienaarskap wat steeds in die hande van net ‘n paar gekonsentreer is.

Verteenwoordigers van die ANC se alliansievennote, die SAKP en Cosatu, het ook die byeenkoms toegespreek.

Zuma het ontevrede ANC-lede gewaarsku teen diegene wat die party verlaat, en gesê hulle sal die toorn van die voorvaders ontlok.

“Dit is verkeerd om die ANC te verlaat. Trouens, dit is koud en rof buite die ANC. Mense moet intern in die party bly en probeer om dinge op te los, want . . diegene wat uitloop, sal die toorn van die voorvaders ontlok, wat ook sal meebring dat daardie persoon slegte geluk sal aantrek.”

Zuma het gesê hy verwelkom meer as 100 lede wat van die United Democratic Movement oorgeloop het asook van COPE.

Twee ANC-lede wat oorgeloop het ná die ANC se Polokwane-konferensie in 2008 is ook terug.

Zuma het ook gepraat oor die stryd teen korrupsie wat een van die party en die regering se grootste vyande is.

Om korrupsie in die regering uit te skakel, het hy gesê die ANC is in die proses om tenders af te skaf.

“Tenders is die wortel van korrupsie in die regering. Hulle het ons land opgemors. Ons kyk na die sentralisering van die tenderproses deur ‘n sentrale tenderraad ,” het Zuma gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.