Mynstaking tot dusver sonder geweld

Deel op

amcuptaSamesprekings wat daarop gemik is om die staking deur die vakbond Amcu by platinummyne te beëindig, sal vandag in Pretoria hervat word.

Die polisie in Noordwes het intussen bevestig dat geen voorvalle van geweld, wat met die staking verband hou, die naweek voorgekom het nie.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het die samesprekings wat by sy kantore in Johannesburg plaasgevind het, na ‘n hotel in Arcadia in Pretoria verskuif.

Vakbondlede het verlede Donderdag begin staak by die platinummyne – Lonmin, Anglo American en Impala.

Impala Platinum het die naweek ook ‘n interdik bekom teen Amcu om nie betrokke te raak by geweld of intimidasie van nie-stakende werkers nie.

Amcu-lede is intussen vol vertroue dat die platinummaatskappye aan hulle salariseise sal voldoen.

Die stakende werkers sê hulle wil ‘n behoorlike salaris verdien en meen die regering se toetrede tot die onderhandelings sal tot hulle voordeel wees.

Amcu eis ‘n intreevlak salaris van R12.500 vir alle werkers, maar die werkgewer hou vol dat hulle dit nie kan bekostig nie.

Duisende stakende Amcu-mynwerkers sal na verwagting vandag by verskeie skagte van die platinummynhuise in Rustenburg in Noordwes saamtrek.

Die werkers het Donderdag opgehou werk

Die platinumprodusente waarsku verder dat die staking nie net die myne nie, maar ook die werkers self sal raak.

Amplats sê reeds hy ly ‘n verlies van sowat 100 miljoen rand per dag. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.