SAIR probeer wit moorde toesmeer

killboerDie Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge sê 81% van alle moorde wat in Suid-Afrika plaasvind, is in swart huishoudings.

Dié syfer wat kwansuis ras met moord verbind, is erg vreemd aangesien sulke inligting juis nie deur die SAPD verskaf word nie.

Dit is ook voorts welbekend dat die polisie plaasaanvalle doelbewus as gewone misdaad aanteken, terwyl dit spesifiek haatmisdade is wat teen blanke grondeienaars gemik word.

Bronne in die polisie het aan praag dokumentasie gewys van hoe daar met die bewyse gepeuter word.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens is 16.259 mense is in 2013 vermoor.

Omdat 79% van die Suid-Afrikaanse huishoudings – volgens die jongste sensussyfers – swart is, beweer die SAIR dat swart mense proporsioneel meer geraak word deur moord as ander bevolkingsgroep.

Van die 14,6 miljoen huishoudings in Suid-Afrika, is 79% swart, 11% wit, 7,3% bruin en 2,3% Indiër, sê Statistiek Suid-Afrika.

Frans Cronjé, die uitvoerende hoof van die SAIR sê: “Dit is nie waar om te sê dat mense van ‘n sekere rassegroep, veral blankes, meer as ‘n ander geteiken word nie. En ek dink nie dit is ‘n tendens wat vinnig sal verander nie.”

Cronjé was oudergewoonte stom oor plaasmoorde wat duidelik deur rassehaat gedryf word en waar wittes geteiken word.

Hy het voorheen blankes daarvan beskuldig dat hulle nie boetvaardig genoeg is nie. Dit is nie bekend of hy verwant is aan die mediese dokter met dieselfde naam nie.

Sy eie plan B vir die rewolusie wat hy voorspel, is dat sy vrou Amerikaans is en hulle Amerikaanse burgerskap het.

Sowat 44 mense word gemiddeld in Suid-Afrika per dag vermoor, waarvan ten minste 20 wit is.

Wit mense is net 9% (4 500 000) van die demografie in Suid-Afrika en daarom is die wit moordkoers in Suid-Afrika kommerwekkend.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.