Bomdreigement derde teen Sanral

Deel op

anthrax‘n Bomdreigement is Sondag ontvang by die Suid-Afrika Nasionale Padagentskap Beperk ( Sanral ) se hoofkantoor in Samrand, naby Midrand.

Dit is die derde dreigement teen Sanral. Die dreigemente spruit vermoedelik voort uit ontevredenheid met die Gautengse e-tolstelsel.

Wetstoepassers sal ondersoek instel na drie dreigemente wat binne ‘n week by Sanral se kantore in Gauteng ontvang is.

Die perseel is verlede week twee keer ontruim nadat ‘n verdagte poeier – wat volgens berigte moontlik antraks kon gewees het – gevind is.

ETC (Elektroniese Tolinvordering) het later berig dat die stof skadeloos is.

Die minister van vervoer Dipuo Peters het die dreigemente veroordeel as pogings om Sanral se werksaamhede te ontwrig.

Sy het ‘n beroep op wetstoepassers gedoen om die skuldiges so spoedig moontlik te vervolg.

Diegene wat geraak is deur die ontvangs van die poeier sal van die nodige aandag en hulp voorsien word in die hantering van die traumatiese ervaring van die afgelope week, het Peters gesê .

Jamie Surkont, die uitvoerende hoof van ETC, het gesê die gebou is Sondagaand deursoek en indien nodig, sal die betrokke dienste na rugsteunpersele verskuif word.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.