praag, jou internet-feuilleton

Deel op

roodt_dan_wikideur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Verlede week het ek geskryf oor die groot probleem van domheid in Suid-Afrika. Trouens, die gemiddelde IK in die land staan volgens internasionale kenners op 77, selfs laer as dié van Zimbabwe, die DRK of Zambië. Maar ek wil nie hier in een of ander IK-debat vasval nie en eerder iets oor die media en ‘n volk se selfbeeld sê.

Een van die goeie herinneringe van my destydse verblyf in Parys, was naweke toe ek drie koerante in verskillende tale kon koop. Gewoonlik was dit die naweekuitgawe van die deftige (hoewel sosialisties gesinde) Franse koerant Le Monde, asook die Financial Times Weekend en die Duitse koerant Die Zeit. In daardie dae het ‘n dosent in klassieke geskiedenis aan Cambridge, Nigel Spivey, elke naweek ‘n rubriek in die FT Weekend geskryf, met ‘n sprankelende, ironiese styl wat ‘n genot was om te lees. Só anders as die afgryslike, onbeholpe Engels wat ‘n mens in SA koerante aantref en wat op sy beurt as’t ware deur die Naarpers-werfbobbejane in Afrikaanse vertaling geplagiariseer word. Die Naarpers-joernaliste en -redakteurs is almal aspirant-Engelse of hul kinders is reeds op Engelse skole waar hulle met ons disfunksionele, derdewêreld-Engelse kultuur (en dwelms) besmet word.

Die beste wat ‘n mens van Le Monde kan sê, is dat die klassieke tipografie baie mooi is. Tot onlangs toe het die koerant nooit enige foto’s geplaas nie, net hier en daar pensketse van openbare figure of ‘n spotprent deur die kunstenaar Plantu. Vele beroemde en slim mense skryf egter ook af en toe iets in Le Monde, dus kan ‘n mens tog soms iets interessants daarin ontdek. Dit wemel ook van werkwoordtye wat net goeie Franse skrywers nog gebruik, soos die eenvoudige verlede tyd en die verlede konjunktief.

Wat Die Zeit betref, het ek afgekom op dié oulike beskrywing van die koerant op die Engelse Wikipedia. wat ek hier in die oorspronklike aanhaal:

The paper is considered to be highbrow. Its political direction is centrist and social-liberal, but has oscillated a number of times between slightly left-leaning and slightly right-leaning. Die Zeit often publishes dossiers, essays, third-party articles and excerpts of lectures of different authors emphasising their points of view on a single aspect or topic in one or in consecutive issues. It is known for its very large physical paper format (Nordisch) and its long and detailed articles.

Die punt omtrent Die Zeit is egter ook dat dit oor ‘n besonder uitgebreide feuilleton-gedeelte beskik. ‘n Mens soek tevergeefs na die betekenis van dié Franse leenwoord in Afrikaans in die HAT, wat jammer is. Maar gelukkig staan dit darem in die WAT:

“feuilleton, feuilletons, (F.) Deel van ‘n dagblad gewy aan ligte leesstof, vervolgverhale, toneel- of letterkundige beoordelinge of ander belletristiese werk of spesiale stof wat nie tot die nuus behoort nie; in Europa gewoonlik aan die voet van die bladsye onder die streep gedruk, of elders op die blad, deur ‘n dik streep, die sg. feuilletonstreep, van die orige inhoud geskei; ook, artikel of verhaal wat so gedruk is.”

Toe ek aanvanklik aan ‘n naam moes dink vir die algemene afdeling op die praag-webblad, het my gedagtes ver teruggegaan na naweke in Parys, iewers in ‘n kafee waar ‘n kelner met ‘n swart strikdas vir jou “Goeiemiddag, meneer” sê en jy ‘n koppie koffie kan bestel en die res van die dag met jou drie koerante wat jy so pas by die kiosk op die naaste strraathoek gekoop het, kan deurbring. Drie koerante waarin iets van die Europese beskawing weerspieël word en waarin jy oor alles van die politiek – plaaslik en internasionaal – maar ook oor museumtentoonstellings in Italië, boeke en idees, mode of kookkuns, kan lees.

Daarom het die benaming “feuilleton” vir die afdeling waar Gustav Venter se vervolgverhaal tans elke dag verskyn, vir my reg geklink. Terloops is ‘n feuilleton op Frans juis ‘n vervolgverhaal, dít wat in Afrikaans deesdae in navolging van Amerikaanse Engels soms ‘n “sepie” genoem word.

Dit is só moeilik om, te midde van die verloedering van Afrikaans deur die magtige Naarpers-groep met sy horde vulgêre joerrnaliste wat blykbeer met Afrikanerhaat vervul is, ‘n perspektief op jou eie mense te verkry. Want anders as die beeld van ‘n beskaafde, wellewende Europa wat die FT, Le Monde en Die Zeit uitdra, gee Beeld, Die Burger en Rapport bloot aan ons weer dat “Afrikaanses” taamlik dom, platvloers, polities korrek en amper wêreldvreemd is. Terwyl die Afrikaner se sportprestasies een van die min dinge is waarop ons nog trots kan voel, word dit deur die Naarpers-groep – soos deur Mandela trouens – uitgebuit in ‘n desperate poging om nog belangstelling by hul verveelde lesers te skep.

Daarom verbly dit my dat daar nog Afrikaners is wat, soos daar destyds gesê is, “kerngesond” gebly het. Dit is mense wat steeds verbete aan beskaafde norme vasklou, vir wie die tierende geweld in ons land glad nie aanvaarbaar is nie en wat na iets hoërs aspireer as om net soos ‘n ANC-politikus of tenderpreneur met materiële vertoon tevrede te wees.

Dis natuurlik nog iets waarin die afskuwelike Naarpers-mense uitblink: ‘n soort agterlike kwasi-Engelse snobisme. My motor het meer as joune gekos, my selfoon is nuwer of, les bes, my kind is op ‘n Engelse skool, so whê!

Is hulle gelobotomiseer of wat?

Maar om links te wees, het reeds jare lank in Suid-Afrika insgelyks snobwaarde. Dis byna ongelooflik, maar baie mense is trots daarop om kommunistiese vriende te hê en sê dit ook sommer vir jou!

Iewers in die vroeë tagtigerjare het daar mos ‘n paar boekies in Afrikaans verskyn wat mense destyds “grensliteratuur” genoem het. Een daarvan, deur Etienne van Heerden, had die titel, My kubaan.

Mandela was, soos Fidel Castro en Joe Slovo, ‘n trotse kommunis en seker ook in sy hart ‘n “Kubaan”. Iewers in Kaapstad, in die hoofkantoor van die Naarpers-groep, sit daar egter ‘n hele gebou vol “Kubane” wat elke dag soos wafferse Moslems met gesigte op die grond bid vir Madiba en Fidel Castro. Met die verskil dat hulle nie in die rigting van Mekka gekeer is nie, maar in die rigting van Havana, daar waar die sigare vandaan kom.

Metafories het elkeen van ons in Suid-Afrika ‘n Kubaan present gekry. My Kubaan is seker Koos Bekker, die Castro van die Afrikaanse media wat met ‘n staatsgreep op Naarpers geslaag het en die maatskappy deur A-klas-aandele beheer. Elke A-klas-aandeel beskik by ‘n Naarpers-jaarvergadering oor 1000 stemme teenoor ‘n N-klas-aandeel se enkele stem. Die koerante in die Naarpers-stal braak elke dag gal oor “apartheid” – wat hulle destyds ondersteun het – maar het niks teen aandeelhouersapartheid nie.

‘n Ander interessante feit is dat die meerderheid van Naarpers se aandeelhouers glo buitelanders is. Dus word die niksvermoedende Afrikaner van Pretoria of Bloemfontein elke dag met propaganda gevoer deur ‘n maatskappy waarvan die besit in die buiteland gesetel is. Dié buitelandse aandeelhouding het ter sprake gekom in ‘n hofsaak tussen Naarpers en Caxton waaroor die Mail & Guardian berig het. Naarpers argumenteer egter dat sy A-aandele plaaslike beheer verseker.

Naarpers ondersteun deesdae die DA, nie die Zuma-ANC nie, maar dan moet ‘n mens onthou dat die DA in 2008 toe die parlement hulde aan die Kubaanse magte by Cuito Canavale gebring het, hom by die ANC en Kuba téén die ou SAW geskaar het. Op ‘n foto verskyn die destydse hoofsweep van die DA, Davidson Orniston, saam met die ANC waar hulle kranse op die graf van ‘n MK-soldaat lê wat na bewering tydens die slag van Cuito Canavale aan die Kubaanse kant dood is.

Miskien is Fidel Castro en broer Raúl nog die hoofaandeelhouers in Naarpers wat dit iewers vanuit ‘n belastingparadys oorsee beheer? In die omgewing van Kuba op ander Karibbiese eilande is daar mos sulke plekke. Wie weet? In die klug wat Suid-Afrika geword het, is enigiets moontlik. Die kommuniste leef soos kapitaliste en die kapitaliste heul met die kommuniste, maar almal steel sáám! Dis skep en gryp, waarna Naarpers elke pasryk gesteelde glanspersoonlikheid in hul tydskrifte en koerante uitstal as mense waarna ons behoort op te sien! Soos Malema met sy Breitling-horlosie en eertydse herehuis in Sandton. Of Kenny Kunene, die soesji-liefhebber, wat van 1997 tot 2003 vir bedrog in die tronk was. Dis regtig iets uit Keiser Nero se dekadente Rome, kompleet met sluipmoorde, want vele mense gaan net só maklik in Suid-Afrika dood, soms ook aan “natuurlike” oorsake… Of “misdaad”. Wat in Suid-Afrika insgelyks as iets natuurliks geag word, want sien: “Almal ly daaronder.”

Suid-Afrika is ‘n land wat menselewens verwoes, deur moord of verkragting of belastering. Waar jy eensklaps jou werk kan verloor omdat jy jou teen babaverkragtings of plaasmoorde uitspreek. Dis ook ‘n land waar sowel die onderwysstelsel as die media soos Naarpers meewerk, nie om mense op te hef nie, maar om hulle te verdom en met sport of drank af te stomp. Panem et circenses, soos die Romeine gesê het.

Omdat ek Europa ken, kan ek nie daardie vasteland veridealiseer nie. Europeërs het ook hul stel probleme, waarvan baie insgelyks deur die multikulture samelewing veroorsaak word! In die Paryse voorstede of banlieues steek jong Arabiere en swartes elke jaar duisende voertuie aan die brand, sommer net vir die lekker.

Hoe mense hulself sien, is egter belangrik. Die spieël wat jy na jouself toe ophou en die beeld wat jy daarin gewaar, bepaal in ‘n hoë mate jou verwagtings, jou toekoms en selfs die standaarde wat vir jou aanvaarbaar is. Die media verteenwoordig in ‘n hoë mate die spieël van ‘n volk of ‘n gemeenskap.

Ná alles is dit die grootste beswaar wat ek teen die Kubaanse, sjiek-radikale, liederlik linkse, platvloerse, vulgêre, vloekende, met anglismes belaaide, Naarpers het: Ek herken my as Afrikaner glad nie daarin nie. Trouens, ek is goddank bly dat die Kubaan, Koos Bekker, blykbaar ‘n klompie jare gelede die gebruik van die woord “Afrikaner” in die blaaie van Die Burger, Beeld en Rapport verbied het. Sedertdien het hulle mos die belaglike term “Afrikaanses” ingevoer om na ‘n denkbeeldige kultuurgroep – of is dit nou juis ‘n gedekultureerde groep? – te verwys.

Vir Naarpers, soos vir vele ander mense trouens, het die Afrikaner opgehou om te bestaan. En soveel te beter! Dit is verkieslik dat ons deur dié mense verloën word as wat hulle ons sou omhels en ons op die duur vind dat ons op ons beurt die adder aan eie boesem vertroetel het.

Nou die dag is ek lus om ‘n nuwe Afrikaanse roman te lees, behalwe nou Gustav Venter se vervolgverhaal op praag. Nêrens op die webblaaie van Afrikaanse uitgewers kan ek egter enigiets nuuts behalwe liefdesverhale vind nie. Dit wil lyk asof ‘n groot deel van die Afrikaanse kultuur oor die afgelope paar dekades deur Naarpers en ‘n paar has-been- Afrikaanse skrywers soos André P. Brink en Antjie Krog – wat sedertdien nie meer in ons taal skryf nie – verloeder of selfs vernietig is. Waarom? Om die plaaslike Engelse of swartes beter te laat voel? Om die Britte of die Swede, wat die ANC as die wonderkuur vir Suid-Afrika se politieke vraagstukke gesien het, ter wille te wees?

So pas het ek Max du Preez se jongste prul van ‘n boek, A rumour of spring, gelees. Of stel dit so: ek het etlike bladsye oorgeslaan waar hy in die gewone Mandela-aanbidding verval en daarom in ‘n rekordtyd op my tablet daaroor geskeer. Dit is so stereotiep en idee-arm dat ek eintlik maar bly is Max du Preez skryf in Engels. In Afrikaans sou dit vir ons ‘n verleentheid gewees het, nog ‘n bydrae tot die Naarpers-werfbobbejaan-plagiaatkultuur.

“Laat ons nie roem nie,” het NP van Wyk Louw op ‘n stadium oor die Afrikaanse letterkunde gesê. Nietemin voel ek trots op wat vandag in Afrikaans, op webblaaie en op sosiale media besig is om te gebeur. Alles is nie ewe stylvol of in goeie Afrikaans verwoord nie. Maar ten minste het duisende Afrikaners daarbuite begin om weer krities te dink, wat onder die huidige omstandighede amper ‘n wonderwerk is!

PRAAG is die anti-Sophiatown. Ek het ‘n teorie dat die kultuur van Sophiatown in die veertiger- en vyftigerjare uiteindelik die hele Suid-Afrika verower het. Dit was ‘n bendekultuur, van materiële vertoon (dikwels met gesteelde goedere), van ontmoetings tussen wit en swart in ‘n demi-monde waar kommunisme en ‘n dweepsieke bewondering vir alles wat swart en Amerikaans is die norm was. Mandela en selfs die Mandela-kultus was reeds in Sophiatown se sjebiens teenwoordig.

Ons is egter besig om die teenvoeter vir die afryslike wêreld van Sophiatown te skep. Naarpers en Koos Bekker met hul miljarde dien Sophiatown se afgode, terwyl ons bloot op onsself aangewese is. Maar net soos Sophiatown se dekadensie, rasse-ideologie en misdadige waardes op die duur dié van Suid-Afrika self geword het, sal Afrikanertrots en -skranderheid weer eendag in ons land oorheers.

Dit kan nie anders nie. Soos Toynbee iewers skryf, was daar maar tot dusver iets soos 28 beskawings op aarde, oor ‘n tydperk van vyf millennia of meer. Die duisende onbeskawings het almal spoorloos verdwyn. Beskawing en geleerdheid móét, soos by Bloedrivier, oor onbeskawing seëvier.

Mag ons gou van Naarpers en sy Sophiatown-gode verlos word. En mag ons beskeie webwerf, ‘n noodsein teen die barbarisme, gelees word en van krag tog krag gaan!

Sluit aan by PRAAG en help ons om die Naarpers-monopolie te beëindig!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.