Waterkanon teen stakers ingespan

Deel op

watercannon‘n Waterkanon is glo ingespan teen stakende mynwerkers by Anglo American Platinum (Amplats) se Khuseleka-myn in Rustenburg.

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Vrydag gesê die werkers was saamgetrek op die mynperseel.

‘n Koördineerder van Amcu het gesê die situasie is “buite beheer en gespanne” nadat veiligheidspersoneel van die myn sonder enige waarskuwing die werkers met ‘n waterkanon bespuit het.

Hy het gesê die werkers het eers begin klipgooi nadat die waterkanon ingespan is.

Hy het gesê die myn moes Amcu eers in kennis gestel het voor hulle waterkanonne gebruik.

Amcu het Donderdag by Amplats, Impala Platinum en Lonmin begin staak.

Hulle eis ’n maandelikse salaris van R12 500.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.