Springbokkaptein vaar uit teen skeidsregter

Deel op

Image

John Smit

Die beseerde Springbokkaptein, John Smit, het uitgevaar teen die skeidsregter Stuart Dickinson wat die wedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland gehanteer het.

Deel op

Smit is in die wedstryd sodanig beseer dat hy die komende toets Saterdag teen die All Blacks sal misloop.

In 'n openhartige onderhoud het Smit ernstige beswaar aangeteken teen die hantering van die insident waarin hy beseer is.

Hy het 'n liesbesering opgedoen na 'n boorvat deur die All Black-slot Brad Thorn.

Smit sê as Bakkies Botha, byvoorbeeld, dit met Richie McCaw gedoen het, sou die wêreldrugby tot stilstand gekom het.

Thorn is vir een wedstryd geskors.

Die Suid-Afrikaanse skeidsregterbaas,André Watson, het die Springbokkaptein ondersteun.

Hy sê die reëls van die spel vereis ten minste 'n geelkaart vir 'n boorvat.

теннис на чемпионателобановский александр биография

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.