
Twee ANC-dokters gaan by die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGSA) weens onetiese gedrag aangekla word weens hul berokkenheid by terreur teen burgerlikes.
Klagtes is teen lt.genl. Veejay Ramlakan, voormalige geneesheer-generaal, en dr. Sibongiseni Dhlomo, KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid, ingedien, het Beeld berig.
Alhoewel die twee in 2001 amnestie by die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) gekry vir bomme wat hulle in 1985 in opdrag van Umkhonto weSizwe (MK) geplant het, was hulle destyds in 1985 praktiserende dokters.
Hulle is steeds op die RGSA se rol as mediese dokters geregistreer.
Dr Wouter Basson se straf sal eersdaags bekend word, nadat hy vroeër deur die RGSA aan onetiese gedrag skuldig bevind is.
Ramlakan was ten nouste betrokke by terreur tydens MK se Operasie Butterfly. Hy was ook Nelson Mandela se geneesheer.
Operasie Butterfly het die ANC se gewapende politieke terreurveldtog teen onskuldige burgerlikes gemik deur supermarkte, poskantore en winkelsentrums met bomme te teiken.
Hulle het die bomme glo in opdrag van hul bevelvoerders geplant.
Basson het as hoof van die chemiese en biologiese oorlogvoeringprogram eweneens die opdragte van sy bevelvoerders uitgevoer.
Die WVK het die twee MK-lede se optrede as geregverdig verklaar. “Hulle het dalk roekeloos opgetree en ontploffings veroorsaak waarin mense dood of beseer is.
“Dit is een van die tragedies van ’n vryheidstryd dat daar altyd ongevalle sal wees,” lui die verslag.
Hieruit is dit steeds nie duidelik hoe die Boeremag se optrede nie die WVK se goedkeuring wegdra nie
Die uitvoerende hoof van die RGSA het bevestig dat die klagte teen die twee MK-operateurs ontvang is.