Byna 200 partye registreer by OVK

Deel op

iecHonderd-drie-en-tagtig politieke partye het tot dusver by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer met die oog op die komende algemene verkiesing.

Die OVK sê 133 van die partye sal aan die verkiesing deelneem. Die Wes-Kaap het met 25 die meeste partye, terwyl 7 partye uit Gauteng afkomstig is.

Verskeie nuwe politieke partye het die afgelope jaar na vore getree, waaronder die Ekonomiese Vryheidsvegters en Agang.

Die hoofverkiesingsbeampte van die OVK, Mosotho Moepya sê die registrasieproses duur voort.

President Jacob Zuma het nog nie die verkiesingsdatum afgekondig nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.