Skietstaking in Suid-Soedan onderteken

Deel op
Salva Kiir
Salva Kiir

Die Verenigde State, die Verenigde Nasies en die Veiligheidsraadregering het die ooreenkoms tussen partye in die konflik in Suid-Soedan verwelkom.

Die regering van Suid-Soedan en die rebelle het ‘n skietstakingsooreenkoms onderteken.

Dié stap volg na vyf weke se gevegte wat die land nader aan ‘n burgeroorlog gebring het.

Die gevegte tussen soldate lojaal aan president Salva Kirr en diegene wat die afgedankte visepresident, Riek Machar steun, het in Desember uitgebreek.

Nagenoeg 10.000 mense is dood tydens die vyandelikhede en meer as ‘n halfmiljoen mense is ontheem.

Die ooreenkoms wat in die Ethiopiese hoofstad Addis Abeba onderteken is, sal na verwagting binne 24 uur in werking tree.

Suid-Soedan se president Salva Kiir het die VN-vredesending daarvan beskuldig dat hulle soos ‘n “parallelle regering” in sy land optree.

Sy kommentaar kom nadat sy regering die VN beskuldig het dat hulle aan gewapende rebelle in hul kampe skuiling bied.

Meer as 70.000 burgerlikes het in die VN se basisse regoor Suid-Soedan skuiling gesoek nadat gevegte uitgebreek het verlede maand.

Wrywing met die VN het gevolg na ‘n poging Sondag deur die minister van inligting om toegang te verkry tot die VN-basis in Bor, waar hulle glo gewapende rebelle skuil.

In ‘n verklaring, die VN se hoof Ban Ki-moon, het gesê hy is “bekommerd” en “ontsteld” deur die dreigemente teen personeel van die VN-sending in Suid-Soedan (Unmiss).

Kiir het smalend gesê die VN “moet nog net die hoof van Unmiss as ‘n mede-president van die Republiek van Suid-Soedan aanwys”.

“As dit die posisie van Ban Ki-moon is, moet hy dit duidelik maak dat hy wil hê die VN moet Suid-Soedan oorneem.”

Die ooreenkoms, onderteken onder die vaandel van die Oos-Afrika-blok IGAD in Addis Abeba, word beskou nietemin as ‘n eerste stap in die rigting van vredesgesprekke tussen die Soedanese regering en die rebelle.

Die VSA het vir die Suid-Soedan se leiers gevra om vinnig te werk in die rigting van ‘n inklusiewe politieke dialoog, terwyl die Veiligheidsraad die skietstilstand as ‘n eerste stap verwelkom het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.