Blankes het grond gesteel sê Westonaria se grondbesetters

landgrabInwoners van Bekkersdal glo grond wat die goudmyn-maatskappy Rand Uranium behoort, kan “wettig” beset word.

Onbeboude grond in Bekkersdal aan die Wes-Rand is gesteel deur blankes, sê die Groter Westonaria se Concerned Residents’ Association.

“Ons vra nie om verskoning vir die grondbesetting nie. Ons glo dit behoort aan ons [swartes]. Dit is gesteel deur die blankes,” het ‘n woordvoerder Mbulelo Koyana gesê.

Hy het gesê dat die regering versuim het om die inwoners te voorsien van huise.

“Toe mense in 1994 gestem het, het hulle nooit geweet dat hulle magteloos sou wees as hulle aan bewind kom nie,” het Koyana gesê.

Nog ‘n gemeenskapsleier het Woensdag gesê: “Die gemeenskap glo die grond behoort regmatig aan hulle. Hulle sê [die besetting] is nie onwettig nie,” het Thabang Wesi aan Sapa gesê.

Die Citizen berig dat meer as ’n duisend inwoners Dinsdag met grawe en pikke opgedaag het om huise te begin bou.

Die proses om die grond “wettig” oor te neem en uit te deel, is ‘n “administratiewe detail”, het Wesi gesê.

Die Citizen het vroeër berig die Westonaria- plaaslike munisipaliteit en Rand Uranium ‘n aansoek om ’n hofinterdik ingedien het teen die onwettige besetting.

Die saak sal Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word.

Die munisipaliteit voer aan dat hulle nie die finansiële las kan dra van dienste waarvoor nie beplan of begroot is nie.

Die munisipaliteit sê ook die gebied is vir landbou-doeleindes geskik, aangesien dit geologies onstabiel is en sinkgate daar voorkom.

Wesi het nog nie op die hofstukke gereageer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.