Veiligheid opgeskerp by platinummyne

Deel op

minesVeiligheid by die land se grootste platinummyne in Rustenburg is opgeskerp nadat sowat 70.000 Amcu-lede vanoggend met ‘n onbepaalde staking begin het.

Veiligheidsbeamptes bewaak tans die ingange van die mynskagte.

Duisende werkers sal na verwagting later vanoggend by die Wonderkopstadion stroom waar die president van Amcu, Joseph Mathunjwa die stakers sal toespreek.

Produksie het gisteraand laat tot stilstand gekom.

Werkers het die skagte van die drie groot platinummyne Woensdagaand verlaat en nie vir die vieruurskof opgedaag nie.

Amcu-lede by goudmyne staak nie saam nie, nadat die Arbeidshof Woensdag uitspraak oor die staking voorbehou het.

Cosatu sowel as Fedusa en NACTU het ‘n NEDLAC-konferensie in Pretoria bygewoon om ‘n gesamentlike strategie te formuleer wat vyandigheide tussen vakbonde kan oplos.

Die president van Cosatu, Sduma Dlamini, sê vakbonde moet byeenkom en hulle verskille bylê.

Hy het ‘n beroep op Amcu gedoen om die konferensie by te woon om te fokus op werklike probleme.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.