Oproer tussen Randfontein en Krugersdorp belemmer verkeer

Deel op

burningtyresBetogers het paaie in Roodepoort in Gauteng met klippe en brandende voorwerpe versper en verkeer tussen Randfontein en Krugersdorp word negatief geraak.

Motoriste wat die pad tussen Randfontein en Krugersdorp gebruik, is aangeraai om alternatiewe roetes te oorweeg weens oproer in die gebied.

Voorvalle waar betogers verbygaande motors met klippe bestook het, is aangemeld, volgens Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie.

Die Johannesburgse Metroplisie het motoriste aangeraai om alternatiewe roetes via Albertina Sisulu-, Impala- en Ontdekkersweg te gebruik.

Volgens berigte is die oproermakers by die saamvloei van Main Reef-, Randfontein-, Miles Stoker- en Cemeteryweg saamgetrek.

Minnaar sê die oproerigheid het net ná 05:00 begin en polisiebeamptes is op die toneel.

In Alexandra, Johannesburg, betoog inwoners teen uitsetting.

Llt.kol Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê plakkers wat ‘n pakhuis beset het kennisgewing ontvang dat hulle uitgesit gaan word.

Hulle het glo vroeg vanoggend motorbande aan die brand gesteek naby ‘n kliniek in Wynbergweg. Die SAPD monitor die situasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.