Armbrei die nuutste gier

Deel op

armbreiVergeet van breinaalde en tolletjiebrei. ‘n Nuwe gier het breiers verslaaf aan die gebruik van net hul arms.

Armbrei het in die VSA kop uitgesteek, en is nou gewild onder breiers oral te danke aan dosyne touwysvideo’s op die internet.

Dit is eintlik baie dieselfde as die normale brei. Armbreiers begin met ‘n groot glyknoop wat hulle draai om hul regterpols en dan, net soos wat hulle sou met naalde, hul arms gebruik om die lusse te maak.

Die gier het begin toe Andrea Brena, 25, ‘n Italiaanse aspirantontwerper wat in Denemarke woon, ‘n video van homself wat armbrei op YouTube gepos het vir ‘n projek vir die universiteit.

Die resultate van die modenuutjie wat hy begin het, is ‘n indrukwekkende bonkige, gehekelde voorkoms.

Armbreiers bly daarom meestal by die maak van serpe en tjalies.

Armbrei het ook ‘n belangrike voordeel bo naaldbrei: Spoed. ‘n Serp vir ‘n volwassene kan binne net ‘n halfuur klaar wees.

Tolletjiebrei
Tolletjiebrei

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.