Helfte van wêreld se platinummyne staak

Deel op

platmineDie helfte van die wêreld se platinummyne kom vandag tot ‘n stilstand wanneer lede van die vakbond, Amcu vir beter salarisse begin betoog, het RSG berig.

Amcu-lede sal by Implats, Anglo American Platinum en Lonmin staak. Implats het bekendgemaak dat hy sy bedrywighede in Rustenburg sluit om sy werkers te beskerm. Werkers wat vir diens aanmeld sal egter steeds betaal word

Die Arbeidshof in Johannesburg het intussen beslis dat Amcu nie kan voortgaan met sy beplande staking by goudmyne nie, totdat die hof op 30 Januarie oor die saak uitspraak gelewer het.

Amcu sou ook by talle goudmyne begin staak het. Die Arbeidshof het besluit dat hy meer tyd nodig het om die voorlegging van alle rolspelers te oorweeg.

Die Kamer van Mynwese het die uitspraak verwelkom en gesê hul grootste prioriteit is om werkers in te lig dat hulle vir skofte moet aanmeld.

Die president van Amcu, Joseph Mathunjwa, het op sy beurt gesê hulle beskou die uitspraak as ‘n oorwinning.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.