Vuil water ons voorland, waarsku TLU

Deel op

dirtywaterDie President van TLU SA, mnr. Louis Meintjes waarsku dat die land afstuur op ‘n situasie dat die krane in die huise wel water sal lewer, maar dat daardie water totaal onbruikbaar sal wees.

“As die Staat homself as die beskermer van die water wil aanstel, moet hy ook toesien dat hy daardie rol vervul. Nou word ons gedwing om vir vuil en onbetroubare water te betaal en dit is onaanvaarbaar.”

Mnr. Meintjes het gesê dat daar gepraat word van Grondwetlike regte.

“Die landbou het ook ‘n Grondwetlike reg op skoon water om voedsel te produseer. Die regering sal moet besef dat die gebeure verlede week in Brits net die oortjies van die seekoei sal wees in vergelyking met wat kan kom as hy nie vinnig ingryp nie. Die gebeure by Brits belig die feit dat drie of vier mense gedood is deur die polisie. Wat egter verdere aandag benodig, is dat honderde, indien nie duisende, mense sterf as gevolg van besoedelde water in die land,” sê mnr. Meintjes.

“Nadat die water na Britse se woongebiede herstel is, het inwoners juis gekla dat dit water nie drinkbaar was nie. Dit is juis die probleem waarmee die land, en landbou, sit. Waterbronne, wat op sigself reeds skaars is, word toenemend besoedel, het hy gesê.

“TLU SA het etlike jare gelede hierdie saak reeds op die hoogste vlak aangespreek en selfs strafregtelike klagtes teen betrokke ministers gelê wat volgens TLU SA hulle plig versaak en nie toesien dat waterbronne beskerm word teen besoedeling nie. Ter wille van voedselsekerheid en voedselveiligheid is dit krities belangrik dat water skoon moet wees. Talle boere kan nie meer rivierwater of selfs boorgatwater gebruik vir besproeiing of vir veesuiping nie,” het die TLU SA president gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.