Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moes sy hoofkantoor in Midrand Dinsdag ontruim na na ‘n vermeende antraks-aanval.
Die Tshwane-eenheid vir gevaarlike stowwe (Hazmat) is na die toneel geroep nadat ‘n “verdagte koevert met ‘n wit stof ” op die perseel gevind is, het die uitvoerende hoof Nazir Alli gesê.
“Ons weet nie wat dit is nie,” het Alli gesê. “Maar ek glo my kollegas by die sentrum het gereageer op die regte manier.” Geen beserings is aangemeld nie.
Sanral het nog nie voorheen bedreigings vir sy veiligheid ontvang nie, ten spyte van die openbare protes met die bekendstelling van die e-tolstelsel in Gauteng.
Alhoewel verslae beweer dat die wit stof antraks is, het Alli gesê Sanral het gereageer op die ontdekking sonder sekerheid van wat dit kan wees.” Ondersoekbeamptes sal bepaal wat dit is wanneer hulle toetse gedoen het.”
Sanral-woordvoerder Vusi Mona het gesê die ontdekking van die koevert het gelei tot die ontwrigting van die sentrum se elektrisiteitsvoorsiening, wat Gauteng se e-tolstelsel beïnvloed.
‘n Woordvoerder van Outa het die insident veroordeel as “sabotasie of terrorisme-tipe gedrag”.
Hy het gesê: “Outa pleit nie vir chaos of anargie nie.:
Sulke gedrag sal voorkom indien die volle steun van die publiek nie agter die projek is nie, het hy gesê .
“Dit is onvermydelik dat indien jy nie die mense agter jou het nie, is dit die weg vir sosiopatiese persoonlikhede.”