Swaarlywige swart nasionalis Mazibuko soek steun

Deel op
Mazibuko op soek na die rooi tapyt van swart nasionalisme
Mazibuko op soek na die rooi tapyt van swart nasionalisme

Die swaarlywige parlementêre leier van die DA, Lindiwe Mazibuko, hou gewis nie van Afrikaners nie en sy sê dit hardop.

Die DA gaan ongetwyfeld skrille Afrikanerhaat en anti-wit regstellende aksie as ‘n deurlopende tema in die komende verkiesing aanwend, met waarskynlik verdere funeste gevolge vir misdaad teen wittes en plaasmoorde.

Mazibuko het onomwonde tydens ‘n onderhoud aan Beeld verklaar: “Ons moet ontslae raak van enigeen […] (wat) wit nasionaliste (is). Daar is [swart] mense in die party wat dit wil hê.”

Mazibuko se opmerking dat die DA ontslae moet raak van wit nasionaliste, is benewens die domastrante belediging vir wit kiesers wat die DA as amptelike opposisie ingestem het, ook ‘n duidelike aanduiding van hoe die swart nasionalistiese winde in die party waai.

Haar anti-Afrikaner uitlatings is dié keer teenoor die joernalis Donwald Pressly, skrywer van die boek Owning the Future: Lindiwe Mazibuko and the Changing Face of the DA, gemaak.

Mazibuko betreur ook die feit dat wit kiesers Tony Leon ingestem het omdat dié kortsigtige stap vir die DA op die langtermyn nadelig was.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.