Regering wil gesprekke oor platinum-loondispuut fasiliteer

Deel op

mildredAdjunk-president Kgalema Motlanthe het Dinsdag gesê die regering sal wanhopige gesprekke tussen Amcu en platinummaatskappye Woensdag fasiliteer om te verhoed dat ‘n staking die brose sektor lamlê en verdere skade aan die land se reputasie aanrig.

Die minister van Arbeid, Mildred Oliphant voer vandag namens die regering samesprekinge met mynmaatskappye en vakbonde in aanloop tot Amcu se beplande staking wat more begin.

Amcu en mynmaatskappye het Dinsdag samesprekings gevoer in ‘n poging om die staking af te weer, het RSG berig.

‘n Groep ontevrede werkers het geëis dat ‘n werkersvergadering gehou moet word om hulle deelname aan die staking by platinummyne te bespreek.

Een van die maatskappye, Impala Platinum het gesê hy probeer ‘n vergadering met vakbondlede hou om klarigheid oor die griewe te kry.

Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin Platinum sê dat Amcu se salariseise onrealisties en onbekostigbaar is.

Die bestuurshoofde van die maatskappye het in ‘n gesamentlike verklaring gesê hulle is bekommerd oor die vakbond se eis van R12.500.

Amcu het Maandag kennis gegee van ‘n staking in die platinum- en goudmynbedrywe.

Goudmynmaatskappye wat lede is van die Kamer van Mynwese doen vandag in die Arbeidshof aansoek om ‘n hofbevel om die staking te verbied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.