Hoe meer haas, hoe minder spoed…

Deel op
haasoor
Freudiaanse glips, of ‘n bronshasie wat nie kan teel nie?

Die beeldhouers van die nuutopgerigte standbeeld van Nelson Mandela by die Uniegebou het om verskoning gevra vir die haas op Mandela se beeld, het die departement van kuns en kultuur Dinsdag gesê.

“Ons aanvaar hul verskoning en dat hulle bedoelings eerbaar was,” het die woordvoerder van die departement Josias Pila in ‘n verklaring gesê.

Hy het gesê ‘n meer geskikte kunstenaarshandtekening sou verkieslik gewees het, en dat die departement oorweeg hoe die beeld se integriteit behoue bly deur dit te beskadig.

Andre Prinsloo en Ruhan Janse van Vuuren, wat die nege meter standbeeld gemaak het van oorgeblaasde brons, het aan Beeld gesê die haas is ‘n “klein handelsmerk” van hul werk, want die departement wou nie toelaat dat hulle hul handtekeninge graveer op die standbeeld se broek nie.

Hulle het gesê dit was ook ‘n verwysing na die kort sperdatum waarteen hulle gewerk het. Haas in Afrikaans beteken ook om gou te maak.

“Die tydfaktor was groot en by tye moes ons baie hard werk,” het Prinsloo gesê.

Hy het gesê die “klein simbool” is in die oor weggesteek en doen nie afbreuk aan die beeld nie.

“Jy moet ‘n lang lens of ‘n verkyker hê om dit te sien,” het hy gesê.

“Gedurende die gietproses het baie mense die standbeeld gesien van naby en niemand het dit opgemerk nie.”

Die departement het Dinsdag gesê hulle was nie bewus van die beeldhouers se voorneme om ‘n haas binne die oor van die standbeeld te plaas nie.

“Dit is jammer dat die beeldhouers … verkies het om ‘n voorwerp in die standbeeld te plaas sonder die medewete van diegene wat hulle opdrag gegee het,” het die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile gesê in ‘n verklaring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.