ANC skop burgemeester, speaker en sweep van Madibeng uit

Deel op
Poppi Magongwa
Poppi Magongwa

Die ANC se provinsiale Werkkomitee in Noordwes het drie amptenare aangestel om waar te neem as burgemeester, speaker en hoofsweep in die Madibeng-munisipaliteit in Brits.

Die burgemeester Popi Magongwa, die speaker Buti Makhongela en die hoofsweep Solly Malete is van hulle poste te onthef.

Die ANC se provinsiale sekretaris Dakota Legwete het die aankondiging gedoen by ‘n mediasessie in Brits, het RSG berig.

Die drie is afgedank omdat die munisipaliteit nie die verslag van die voormalige minister van Samewerkende Regering, Richard Baloyi in werking gestel het nie.

Die verslag het aangedui dat grootskaalse korrupsie en wanadministrasie in die munisipaliteit voorkom.

Verlede week is vier mense dood in skermutselings met die polisie tydens betogings oor die gebrek aan water by Motlutlung en Damsonville.

Cosatu in Noordwes het verklaar dat die polisie wat na bewering in Mothutlung naby Brits op betogers geskiet het, nie kon opgetree het sonder dat dit deur senior persone beveel is nie.

Volgens Cosatu moet die voorval deeglik ondersoek word.

Die vakbondfederasie sê hy is geskok dat die dodetal tydens betogings oor watertekorte, gestyg het.

‘n Vierde persoon is gister by die George Mokhari-hospitaal in Garankuwa oorlede.

Enoch Seimelane is volgens berigte verlede week Maandag geskiet in botsings tussen die betogers en polisie.

Poppy Magongwa was verlede jaar in die moeilikheid oor ‘n water krisis wat gemeenskappe in die gebied teister.

Na ‘n noodvergadering tussen waarnemende LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake Paul Sebegoe , die burgemeester en raadslede oor besoedelde water wat die afgelope drie jaar nie aangespreek word nie, is ‘n vinnige reaksiespan aangewys om die waterprobleem te takel.

“Die watersuiweringsaanleg in die gebied sal opgegradeer word . Gesteelde elektrisiteit transformators in waterpompstasies sal vervang word en die [pompe] wat nie werk nie sal herstel word om genoeg waterkapasiteit te verseker na reservoirs,” het Sebegoe gesê.

“Ons doen ‘n beroep op gemeenskappe nie hierdie fasiliteite te steel nie want dit ontneem gemeenskappe die reg aan water.”

Inwoners het toe gesê hulle is vol vertroue dat die nuutgestigte span die waterprobleem sal oplos.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.